Header
 

Wat is RSS?

Ek gaan dit baie basies en eenvoudig probeer verduidelik en ek gaan aandui wat se sagteware jy gaan nodig kry en waar jy dit kan kry.

Waarvoor staan RSS?

RSS staan vir "Rich Site Summary"
Dit is basies 'n formaat van programering wat gereelde inhoud van 'n webtuiste aandui, soos bv.

Waarom sou ek RSS gebruik en wat is die voordele daaraan?

Vir mense wat gereeld op die internet is en webtuistes gaan besoek, veral nuus gaan lees kan baie makliker die nuutste ingligting van sekere webtuistes afkry. (Afhangende hoe gereeld die webmeester die RSS voerder opdateer)

So spaar jy baie tyd en bly baie beter op hoogte van die verandering of opdatering van inhoud van 'n spesifieke webtuiste sonder om fiesies in die webtuiste te gaan. Jy kan net na die spesifieke veranderde bladsy gaan.

Wat ook lekker is, is dat dit nie nodig is om elke keer 'n nuusbrief of epos te kry om jou in te lig van die nuutste inligting op 'n webtuistes nie.
Ons het eenmaal 'n maand 'n nuusbrief en dit gee basies die nuus by Radio Sunergos en so is dit nie vir ons nodig om elke keer 'n nuusbrief uit te stuur as daar 'n nuwe leesstukkie of MP3 bygekom het nie.

Hoe gebruik Radio Sunergos die RSS voerder?

Ons lig mense in sodra daar nuwe inligting bygekom het byvoorbeeld as daar 'n nuwe leestukkie bygekom het.
Op hierdie staduim "herstel" ons elke maand die RSS voerder
Dan omrede ons 'n "podcasting" stasie is, werk die RSS voerder ook uitstekend daarvoor.

Wat het ek nodig om die RSS voerder te monitor?

Vir die leesstukkies kan jy van die volgende programme aflaai om maar net van 'n paar te noem.

Vir die MP3 gedeelte kan jy die volgende probeer.

Wat beveel Radio Sunergos aan?

Wel ek het agtergekom dat Firefox 3 baie maklik is om te gebruik.
Asook FeedDemon (Die naam klink nie lekker nie, maar die program werk uitstekend)

Hoe teken ek in vir die RSS voerder?

Kliek net op een van die skakels waar ons aandui dat jy kan inskryf.
Dan kliek jy maar net op "Subscribe"
en volg die aanwysings afhangende wat se RSS leser jy geinstalleer het.

Indien jy enige verdere vrae het, vul gerus net die vormpie in en ons sal terugkom na jou toe.

Of om in te teken kliek op een van die volgende skakels

  • Kliek hier om in te teken vir die Potgooie (Podcastings).
  • Kliek hier om in te teken vir die Artikels.
  • Kliek hier om in te teken vir die Forum gebeure.
 

NUUS BRIEF:

Teken in vir ons nuusbrief.
Ons stuur 'n HTML nuusbrief eenmaal 'n maand uit.
Indien jy nie meer die nuusbrief wil ontvang nie, is daar 'n kanselerings opsie by elke nuusbrief wat ons uitstuur.

Om in te skryf stuur net 'n skoon epos na:

nuus-subscribe@
radio-sunergos.net

 
RSS Logo

Kliek op een van die onderstaande links om in te teken vir die betrokke RSS-voerder

Opnames -
Vir Opgedateerde Luistergenot

Leesstof -
Inspererende Artikels

Forum -
Bly op hoogte van wat in die forum gebeur



facebook Logo Twitter Logo YouTube Logo

 
 
Hierdie webtuiste is ontwerp en programmeer deur Willie Pietersen
Selfoon nr: +27832728742