Header
 

Op Vleuels Van Die Arend

Jesaja 40:31maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

Het u al soms gevoel dat u meer afgebyt het as wat u kan kou of sluk? Ons is soms so besig om rond te hol om alles gedoen te kry dat ons soms teen onsself vashardloop. Daar kom noodwendig tye dat ons daardie spreekwoordelike ekstra myl moet hardloop om alles gedoen te kry, maar Goddank kom daar ook tye dat ons net moet relax en onsself vernuwe/verfris.

Ek hou van dit wat die teks ons vertel; dat gedurende die tye wanneer ons noodgewonge so moet hardloop, word ons nie moeg nie. Wat is dit wat vandag al ons energie tap? Wag vandag op die Here. Verwag, kyk uit en hoop in Hom.
Die Woord leer ons dat wanneer ons met verwagting lewe, ons hoopvol bly, ons voorbereidings vir die goedheid van God maak, sal ons hoër styg nes die arende.
Ons kragte sal hernuwe word. Met ander woorde ons sal hierdie lewe se talle uitdagings te bowe kom. Ons almal kom soms probleme tee en ons mag vandag groot probleme hê, maar wanneer ons net elke oggend kan opstaan en van God verwag om dit om te keer, positief en hoopvol te bly, dan belowe God dat ons sal opstyg soos arende in die krag en oorwinning wat Hy vir ons het.

Halleluja!!

GEBED VIR VANDAG:

Vader God, dankie dat U my U krag en mag gee.
Ek neem dit graag in besit nou op hierdie oomblik, deur my vertroue en hoop op U te sit.
Ek weet dat by U alle dinge moontlik is.
In Jesus se wonderbare Naam.
Amen

Gerrie van Zyl
 

Kant Kaart