![]() |
|
Pronkbosse van die JordaanJer 12:5As jy met voetgangers loop, maak hulle jou moeg: hoe sal jy dan wedywer met die perde? En in 'n land van vrede voel jy jou veilig: hoe sal jy dan maak in die pronkbosse van die Jordaan? Dierbares, Hierdie skrifgedeelte was nog altyd vir my so besonders. "If you have raced with men on foot and they have tired you out, then how can you compete with horses? And if [you take flight] in a land of peace where you feel secure, then what will you do [when you tread the tangled maze of jungle haunted by lions] in the swelling and flooding of the the Jordan?."Jer.12:5 Hier word duidelik gepraat van verskillende omstandighede waarin 'n mens jouself kan bevind. Ons "loop saam met die voetgangers" of "we are racing with men on foot and they tire us out". Dan kom die Here met die vraag aan ons. Sê nou net ons omstandighede word moelikker om Hom te dien. Maar dan kom die ergste omstandigheid en dit is om in 'n land te woon soos China en baie ander lande waar mens verseker selfs om 'n Bybel te besit tronk toe sal gaan en sal ly ter wille van Christus. Ja, in baie lande is dit die harde werklikheid in hierdie dag waarin ons leef. Dit is dan wanneer die Amplified Bybel dit so geweldig stel nl: "what will you do [when you tread the tangled maze of jungle haunted by lions] in the swelling and flooding of the the Jordan?."Jer.12:5 Ons het 'n DVD van 'n ware verhaal waarin 'n jong vroutjie in China ter wille van haar geloof in Christus geweldig moes ly. Ja. Dit is wanneer jy in die loop van 'n geweer vaskyk en die keuse het om Jesus Christus te verloen en jy sal bly leef, of om Hom as jou God te bely en jy sal doodgeskiet word, wat my en u liefde vir ons Verlosser werklik getoets kan word. Die vraag is: Hoe diep gewortel is ons liefde vir Hom?. Wanneer ons moet kies tussen lewe en dood bevind ons ons waar die pronkbosse dig is wat dit onveilig maak om Hom te dien, met leeus wat loer en die Jordaan wat op sy hoogste swel en ons voor die keuse te staan kom naamlik om Koning Jesus te verloen of om vas te staan in die geloof. O. Kind van God. Ek vra u en my vandag die vraag af. Sal ons bereid wees om ter wille van Christus te sterf? Ons weet van 'n jong Suid Afrikaanse paartjie wie nou in China vir die Here werk. Kom ons kom op 'n plek waar ons 'n kwaliteits besluit neem om die Here met ons alles te dien en ander te bemoedig om, terwyl die koms van ons Meester so naby is voluit op die "baan" te hardloop om verseker die prys te verkry. Liefde groete Wilna Lubbe |
|
Kant Kaart |
|