Is u gereed?
Mat 24:44 Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie.
Dierbare geliefdes,
Toe die jaar 2000 nader gekom het, het almal verwag dat die Here Jesus verseker enige oomblik gaan kom.
Helaas. Hy het toe nie gekom toe die uurwyser twaalf uur aanwys en 'n nuwe eeu aangebreek het nie.
Vir 'n tyd lank het mense nog Sy koms verwag, maar nou na nege jaar het die verwagting gestaan en niemand verwag Hom meer nie.
Ja! Die tien maagde is aan die slaap want nog nooit in die kerk se geskiedenis was daar ooit so 'n louheid in die kerk as wat wêreldwyd ervaar word nie.
Hier en daar is enkele gemeentes nog wel aan die brand vir Jesus, maar hulle is min en... Ja! die valse profete se "kerke" is oorvol en sommige het tot 'n kitsbank by die ingang vir ingeval jy nie genoeg geld saamgebring het nie.
Skreiend ne!. Maar dis ongelukig 'n feit.
Die kerk in die algemeen slaap egter en net 'n klein hoeveelheid het genoeg Heilige Gees olie in hul lampe om die Bruidegom tegemoet te gaan.
Vandag vra ek u. As die geroep kom en die basuin gaan blaas.
Het u genoeg olie in u "lamp" naamlik u hart?.
Is u hart nog brandend vir Jesus en het u nog 'n passie om siele vir Sy Koninkryk in te bring?
Hierdie vakansie het ons dogter 'n ketting reaksie begin wat nou nog steeds by ons groot prioriteit het.
Die Here het op haar hart gelê om die Saligsprekinge in Mattheus 5-7 te lees.
Toe sy 'n bietjie versuim het Larissa ons kleindogter sonder dat sy daarvan weet dit kom bevestig dat dit inderdaad God se wil is vir haar om daardie gedeelte te lees.
Dit eindig eintlik in Mattheus waar Jesus sê wat met die mens gebeur wat na Sy woorde luister en dit doen.
Mat 7:24-27 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.
En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met 'n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.
En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval en sy val was groot.
Peet en ek lees dit nou al vandat sy ons daarvan vertel het. - Dit is eintlik 'n geweldigge belangrikke gedeelte in die woord van God.
Ja. 'n padkaart na die hart van God en ons ewige destinasie en ook 'n padkaart en die riglyne waarop ons ons lewe moet leef van dag tot dag.
Ag mag Hy u en my help om gereed te wees wanneer Hy kom.
Ons bruidskleed wit gewas in Sy bloed en mag ons wagtende leef met groot verwagting om Hom, Jesus Christus ons komende Koning uiteindelik te mag sien.
Baie liefde
Wilna Lubbe