Header
 

Die Here bewaar ons in 'n motor ongeluk

Graag wil ek 'n getuienis uitbring met wat met ons gebeur het op 3de Augustus 2009.
Ons het (ek en my man) vroeg die oggend gery vanaf Pietersburg na JHB. My man moes by die Buro aanmeld vir mynsiektes.

Ons het +/- 08:15 die oggend ingekom - Pretoria - JHB, maar verdwaal en beland op 'n pad wat sê - John Vorster Drive, 'n baie steil pad en gedink ons is reg.
Ons merk toe dis 'n nuwe pad en die volgende oomblik draai die pad meer as
90 Grade na links.
Dit was onverwags ons motor gly toe.

Daar was geen "barriers" op die draai nie. Ons val toe in 'n afgrond af +/- 4 meter diep.
Die motor het gevlieg deur die lug en geland in die afgrond op sy 4 wiele.

Toe ons land kon ons onmiddelik uitklim, ek het net my knië gestamp en my man sy kop.
Ek sê toe maar dit lyk nie of die motor skade het nie, maar toe ek omstap toe sien ek die skade. My man was so in skok dat hy begin huil het en na God geroep het, want sien ons lewe maar ons het nie assuransie op ons motor gehad nie. (1995 model) hy sê toe net ons het alles verloor.

Die volgende moment kom die "Tow-Truck" ingery en die man vra, of hy kan help ons vertel toe ons het nie assuransie, maar ons dogter woon in Pretoria en ons sal hoor of die motor na hulle meenthuis gesleep kan word, want om die motor te sleep na Pietersburg sou R3200.00 gekos het.

Die volgende oomlik kom die 2de "Tow-Truck" van dieselfde firma ingery. Ek merk dadelik op wat op die "Bullbar" staan - Joël 2:21 en die vers lees:
"Wees nie bevrees nie, o aarde juig en wees bly want die Here doen groot dinge."

Nou ja,
1.
ons lewe
2. motor afgeskryf en is nie beseer nie en geen ander motor betrokke.
Ons kinders kon ons help en ons motor is gesleep na hul meenthuis.

Ek is besig met die stadsraad en sover verloop alles so goed. Die Vader help my elke keer om net by die regte persone uit te kom. Alhoewel dit 'n tyd kan neem, weet ons God is in beheer en dat Hy groot dinge vir ons gaan doen!!

Versoek: Pleit altyd die Bloed van Jesus en God bewaar jou, al het die vyand gemeen hy gaan ons lewe neem, het hy nie geslaag in sy doel nie.
Prys die Vader, Seun en die Heilige Gees.

Intussen moes ons weer 'n huurkoop aangaan en 'n ander motor koop, maar God sal ons help om die paaiemente te kan betaal - elke maand.

Die "barriers" is al afgery op vorige kere maar nooit herstel nie. Die persoon van die "Tow Inn" sê vir ons hulle haal weekliks mense uit wat daar afstort. Gelukkig het ons foto's en van die ongeluk. Ons het gevra asseblief dat hulle die plek moet beveilig, want net so kan iemand sy lewe verloor.

Sou ons 2 tree verder aangerol het, sê my man was ons veronderstel om dood te wees!

Groete in Sy Naam.

Piena Steyn
Lees die artikel en gee jou mening
 

Kant Kaart