Bevry uit pornagrafie
Ek voel om my getuienis hier te deel met julle. Miskien help dit weer iemand anders daar buite wat verslaaf is aan pornagriefie of dalk verslaaf is aan iets anders.
Dit is my storie, en dit is wat met my gebeur het.
My ouers het eintlik nooit met my gepraat oor die seksuele nie, alhoewel my ma vir my ‘n boekie gekoop het, toe ek so 13 jaar oud was met die titel:
“Wat seuns wil weet”
Ek kan nie regtig onthou wie die skrywer was nie, maar ek weet dit was een of ander dokter gewees.
So ek het maar so op my eie gelees wat daar in was. Verder het ek nie die vrymoedigheid gehad om met my ouers te praat wat in die boekie gestaan het nie.
Toe ek 20 jaar oud was, het ek my eerste meisie gehad. Alhoewel ons seksueel rein gebly het, het daar deur die verhouding iets pornagrafies in my begin broei.
Op daardie staduim was ek baie betrokke by die kerk, ek was onder andere die jeugleier.
Aangesien ek betrokke was by die kerk en in leiersposissie, kon ek nie net vir enige iemand hulp vra nie, of altans het ek so gedink.
Die satan het my al die veroordeling van die christene laat hoor, voordat ek nog met iemand hieroor kon praat.
Dus moes ek altyd op my eie bid en vir die Here vra dat Hy moes help.
So het vier jaar verby gegaan waar ek aan pornagrafie verslaaf was.
Die satan het my laat glo dat dit einlik baie lekker was om my te verlustig in pornagrafie en wat sou nou einlik so lekker wees om nie meer my hierin te verlustig nie. Ek weet hy het my op ‘n staduim laat glo dat dit nie eintlik so erg was nie.
So kry ek toe nuwe bure, ook ‘n kind van die Here. Maar, ook vasgevang in pornagrafie. Omdat ons altwee chirstene is, het ons nooit na die goed saamgekyk nie, maar net oor die probleem gepraat.
Oor die tyd het ek agtergekom hoeveel Christene vasgevang is in pornagrafie, dan is predikante glad nie hierby uitgesluit nie.
‘n Vriend van my is ‘n rekenaar tegnikus, en hy sê hy het al vele kere predikante se rekenaars gekry om reg te maak. Soos hulle die fout soek op die rekenaar kom hulle op die “history files” af wat vol pornagrafie is. Maar omdat hy in ‘n profesionele hoedanigheid is, mag hy nie blyk dat hy op pornagrafiese materiaal afgekom het nie, om hom ook weer die verleentheid te spaar.
Kom ek gaan aan:
So het ek en ‘n vriend vir ‘n vriendin gaan kuier (Dit was omtrent in die jaar 2003).
Sy het gesê dat dit in hulle huis spook en dat sy glo die spoke kan sien. Omdat ek toe bietjie fotografie gedoen het, wou ek my kamera’s stel, om te kyk of ‘n mens die spoke kon afneem.
(Ja, Nee soos ek nou hier sit en tik smile ek maar net dat ek so iets simpels wou doen)
Daar het toe iets voorgeval en ons kon toe nie meer gaan nie, ek en my vriend besluit toe om ‘n lekker spook storie uit te neem en te kyk.
Die storie het toe gegaan oor ‘n meisie wat gevul was met demone en dat die priesters haar nie kon bevry nie.
Die meisie het op staduims in die lug gesweef om satan te verheerlik daardeur.
Wat my nog opgeval het, is hoe satan deur haar Jesus gevloek het, en terwyl hy Jesus vloek steek hy die meisie se geslagsdele met ‘n kruis.
Na die storie gaan die vriend van my huis toe en ek bly alleen agter.
Ek het toe eintlik ‘n deur oopgemaak en ek kon aanvoel dat daar ‘n demoon in my huis was.
Daar het toe ‘n onsettende vrees oor my gekom en gebed het natuurlik glad nie vir my gewerk nie, want my gebed het niks verder gevorder as die dak nie. Ek was so koud soos ys in my geloof.
Ek het christelike musiek ook gespeel met die hoop dat die demoon my in rus en vrede sal los, maar die het ook glad nie gehelp nie.
As ek my oë toe maak om t e bid, sien ek net die girl in my gedagtes en dan sien ek al hierdie naakte vrouens raak waarna ek my so verlustig het.
Ek was baie bang, maar ek het gedink dit sal na drie dae verdwyn.
‘n Movie het ‘n kwaai invloed op my vir so 3 of 4 dae.
Wel so het 3 dae gekom en gegaan en so het ‘n week verby gegaan.
Inplaas dat ek rustiger slaap in die aande, het dit net vererger.
Ek het geweet as ek moes sterf sou die demone my hel toe vat, al was ek bekeer en gedoop en ge-alles.
Om die waarheid te sê as ek in die aand gaan slaap het en ek my hand uitsteek sou ek aan die demoon kon raak.
Die demoon van poragrafie was ook in my huis, om die waarheid te sê kon ek hom aanvoel dat hy heeltyd by my voetenent was en so ietwat onrustig was.
So daar was twee demone in my kamer waarvan ek verseker geweet het.
Toe breek die aand aan wat ek dit nie meer kon hanteer nie.
Ek het ‘n kort gebed gebid dat die Here Jesus my moes help. Die Here het my laat besef dat ek met ALLES moes breek en ALLES wat Hy my sou uitwys moes ek vernietig.
Ek wou werklik bevry wees, so ek sou enige iets doen wat die Here sou verlang.
Ek staan toe op uit my bed en vertel die twee demone dat ek nou net mooi “gatvol” was vir die vrees en dat hulle nou nie meer welkom in my huis was nie.
Ek het hulle in die naam van Jesus Christus bestraf, maar soos ek bestraf het ek my video’s gevat. Terwyl die pornagrafiese demoon baie sterk gedagtes in my gele het, om maar net die beeldmateriaal uit te vee, het die Heilge Gees my baie duidelik gewys dat ek dit moes vernietig!
Ek het hardop gesê, ek vernietig dit, die Heilige Gees kry voorkeur. Ek het die video met my twee hande gevat en met my kniee middeldeur gekap. En die tape uitgetrek en dit hardop bestraf en die asblik gesmyt. Ek het met die tweede tape dieselfde gedoen, en met die derde en vierde en tot ek die laaste een vernietig het.
Die Heilge Gees herhinner my toe van die boeke en tydskfrifte.
Ek het dit gevat, ‘n mes gevat – terwyl ek dit in die Naam van onse Jesus Christus bestraf – en dit opgesny met geweld, dit dan gevat en verder opgeskeur in in die asblik gegooi.
Die Heilge Gees het my toe van die kalenders onthou wat ek so mooi weggesteek het. Ek het dit ook gevat en opgeskeur.
Daarna het ek die asblik uitgevat, ek wou hom nie eers in my huis hê nie.
Jy moet nou onthou dat die satan heeltyd besig was om vir my te sê dat ek dit nie so drasties moes vat nie, en dat ek die goed weer kon verkoop het. Maar, die Here het weer vir my gesê dat iemand anders weer in die versoeking daardeur kon kom en dat die binding dan nie gebreek kon word as ek dit sou verkoop nie.
Wel, ek het gesê: “Voetsjek satan, ek maak nou soos die Here vir my sê”
Die bevrydings proses het om en by so 23:00 daardie aand afgespeel.
Na alles het daar so verligting oor my gekom en ek kon voel ek was gehoorsaam aan die Here en dat die Here my moes verlos het.
Alhoewel die demone toe weg was het ek maar nog steeds bangerig gevoel toe ek weer moes gaan slaap.
Ek het geweet as ek vir drie dae nie ‘n behoefte aan pornagrafie gehad het nie, was ek genees en bevry.
Die volgende oggend het die Here my op ‘n DVD gewys wat ek ook moes vernietig.
Interesant, die DVD was :”The Matrix”
Die probleem in die fliek is dat die hoof karakter Jesus na-aap deur om sy lewe vir sy volk af te lê.
Kyk ek was ‘n groot aanhanger van die fliek, maar ek het vir die Here gesê dat ek aan hom gehoorsaam sou wees en dit vernietig.
Na die vierde dag het ek nog geen behoefte gehad aan pornagrfie nie en ek het toe moedswillig na die vierde aand die tv op e-tv geskakel (want ek het geweet hulle saai mos hierdie gemors in die aande uit), en ek het vir die EERSTE KEER die tv afgesit omdat ek nie na hierdie goed wou kyk nie.
Daardie volgende oggend kon ek nie glo wat gebeur het die vorig aand nie, en ek het weer daarna porbeer kyk, en ek het dit weer afgesit.
WOW!! Toe weet ek dat die Here my bevry het, en ek kon toe weer begin bid... Halleluja!!
Ek was omtrent vir 4 jaar verslaaf gewees aan pornagrafie, en die Here het my in een aand bevry. En dit is nou omtrent 7 jaar gelede wat die Here my bevry het.
Wat ek wel weet, is dat dit nog steeds ‘n swak punt van my is, en die duiwels weet dit, maar gelukkig weet ek en die Here dit ook. So ek gaan soek glad nie moedswillig weer na hierdie goed nie, alhoewel die satan tot vandag nog dit oor my pad bring op veskeie maniere.
Ek weet dit is soveel lekkerder om bevry te wees as om vasgevang hierin te wees. Glo my, ek het altwee gesmaak in die lewe en dit is by verre beter om bevry te wees.
As jy ‘n Chirsten is en vasgevang is in pornagrafie ek het simpatie. Dit is nie net van uit die boot klim nie. Daar is ‘n mag wat oor jou kom en jou forseer om jou te verlustig hierin. Maar gelukkig aanbid ons Jesus Christus en Hy het my daardie aand bevry en Hy kan jou ook bevry. Die “catch” is net, jy moet bevry WIL WORD!!!
Die Bevryde
Lees die artikel en gee jou mening