Header
 

Geld wat stom is, maak reg wat krom is.

Aanhalings uit Joyce Meyer se boek: Deurdrenk Met My Liefde.

robot ligte

Om geld te gee wat jy nie het nie, is verskriklik moeilik, maar om nie geld te gee wat jy het, is sommer padlangs gepraat, suinigheid, vrekkerigheid ja selfsugtigheid.
Waar kom die “onder die tafel deur”-manier van doen vandaan?
In Afrikaans praat ons sommer van omkoop. Dit is so algemeen soos val oor ‘n klip in ons hedendaagse samelewing. Jy kom nêrens as jy nie bereid is om-om te koop nie. Dit is die rede hoekom eerlike mense so blatant uitgebuit word.

So baie mense raak versot op geld en besittings soveel so dat hulle ander in die proses vertrap en vernietig.
God soek dat ons ons aardse besittings gebruik suiwer om ander te seën. Ons het kaalgat in die wêreld gekom en kaalgat gaan ons uit, lê ons die kop neer.

Onlangs het ‘n dametjie vir my gesê: “Ons werk vir ons geld!” Foeitog.
Ek het haar nie eers om ‘n aalmoesie genader nie. God het aan ons ‘n hart vol deernis gegee. Die keuse om jou hart oop of toe te maak vir ander se nood, berus egter by WENA! Onsself....

Eze 11:19 En Ek sal hulle een hart gee, en ‘n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle ‘n hart van vlees gee.

Elke gelowige dra iets diep binne in wat daarna smag om ander te help.
Die probleem is egter dat ons bitter graag die wil help waaruit ek weer ‘n pond vleis kan verdien. Het ons al die uitdrukking gehoor:
“Wat koop mens vir iemand wat alles het?” Eie begeertes maak ons blind vir die behoeftes van mense rondom ons.
Die Welvaartstrik

2 Korintiërs 9:8 En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.

Dit is so sinneloos om tot God te bid om meer fondse sodat ek vir ander daarmee tot ‘n seën kan wees wanneer ons net eenvoudig nie ander seën met wat ons reeds het nie. Dis absurd om so te bid. God luister nie na sulke selfsugtige gebede nie, want hy weet mos ons is van selfsug aanmekaar gesit.

Spreuke 3:28 Sê nie vir jou naaste nie: Gaan en kom terug, dan sal ek môre gee—terwyl jy dit het.

Veronderstel iemand het alles wat hy nodig het. Hy kom egter agter dat ‘n medegelowige eenvoudig nie genoeg het om oor die weg te kom nie. Wat nou gemaak?
Wel, as die persoon wat genoeg het, meen die nood van die ander een raak hom nie en ongevoelig daarby verby kyk, flits die rooi ligte! Daardie persoon tree eenvoudig nie op uit die liefde wat van God kom nie.
My liewe kinders, ons liefde moenie net uit ‘n gepraat bestaan nie. Dit moet in dade uitgeleef word. Dit is wat iemand doen vir wie God se waarheid belangrik is.

Ons moedig almal aan om ‘n gewer te wees en let fyn op na maniere om die sogenaamd kosbare dinge/besittings te gebruik om ander te seën.

2 Korintiërs 8:3-4 Want hulle was na vermoë—ek betuig dit—ja, bo vermoë gewillig,
en het ons met groot aandrang gesmeek dat ons hulle gawe en hulle deel in die diensbetoning aan die heiliges moet ontvang;

Paulus het eenmaal gesê: “ Ek het met my eie oë gesien dat hulle soveel gegee het as wat hulle kon.
Nee, eintlik het hulle nog baie meer gegee as wat hulle kon bekostig. Die Christene van Masedonië het my omtrent gesmeek om deel te kon hê aan hierdie hulpprojek. Hulle was so bekommerd oor die gelowiges in Judea dat hulle met alle mag en mening by hierdie geldinsameling betrokke wou raak.” Waar val ons uit?

Sonder opoffering kom ons tog nêrens nie.
1 Johannes 2:15 Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.

Onthou mense is belangriker as dinge/goeters. Moenie die teenswoordige wêreld en sy dinge liefkry nie.
Onthou die kaalbasstorie. Moenie dinge wat vervang kan word, liefkry nie, maar mense wat nie vervang kan word, verloor nie.

Wat dink ons van hierdie teksvers? Daar is verskillende maniere om dit te vertolk.
Gen 12:2 En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees. Hoor hier; as ons motief, nee, ons vaste voornemens altyd is om ander te seën, wys ons vir God, en Hy weet dit, dat Hy ons kan vertrou met aardse geld en goed. Dit is ‘n geestelike wet:
Wat jy saai, sal jy maai!
Moet egter nie die fout maak om te gee net om weer te ontvang nie.
Paulus praat juis hieroor: Ons heel vernaamste motief met gawes moet wees om ander te seën.
2 Korintiërs 9:5 Ek het dit dus noodsaaklik geag om die broeders te versoek om vooruit te gaan na julle toe en julle vroeër aangekondigde dankoffer vooraf in orde te bring, sodat dit gereed kan wees as ‘n dankoffer en nie as iets wat afgepers is nie.

Kom laat ons die saak uitmaak: As wat staan ons bekend? ‘N GEWER OF ‘N NEMER
Almal van ons het behoefte aan seën.
Jesus het eenmaal gesê: "Want die armes het julle altyd by julle, maar My het julle nie altyd nie.
Dit is baie goed en Bybels om armes te seën. Hulle moet ons vernaamste teiken wees, maar onthou dit; almal het ‘n diep inherente behoefte aan seën al is sodaniges ook stinkryk.
Onthou mense het ‘n behoefte aan ‘n liefdevolle gebaar. Dit gaan oor emosionele behoeftes.

Ons dink wanneer iemand ‘n blink motor ry en groot tiendes en offergawes gee, hulle het nie ook maar behoeftes nie, ja emosionele behoeftes om geseën te word. Nog nooit in my hele lewe sover ek kan onthou het iemand ooit vir my gesê: “Ek wil net hê jy moet weet ek waardeer jou en alles wat jy doen en dalk ‘ek is lief vir jou’ daarby ook.” Ek wil nie ‘n ou smartvraat of ou Sannie Bitterpiepie wees nie, maar hierdie ou het ook ‘n behoefte aan seën. Hoor en hoor mooi:

Begin gebruik wat jy het om ander te seën en jou put sal nooit opdroog nie.
2 Korintiërs 9:6-7 Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai. Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief.

GELD WAT STOM IS, MAAK NIE REG WAT KROM IS NIE!

Gerrie van Zyl
Lees die artikel en gee jou mening
 

Kant Kaart