![]() |
|
Jou woorde kan soos dolksteke wees.Aanhalings uit Joyce Meyer se boek: "Deurdrenk My Met Liefde." Spreuke 12:18 Praat sonder om te dink, kan soos dolksteke wees; wyse mense bring genesing met wat hulle sê. Hoekom praat ons so onnodig, so verskriklik baie? Pasop vir daardie onbesonne woorde wat ons so maklik uitspreek. Jesaja 61:1 Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis; Nou is dit mos so in die lewe dat wanneer mense met diep dolksteke van woorde gewond word, neem dit ‘n lang tyd voordat so iemand weer hy/sy se verkeerde selfbeeld te oorkom. Nou vra ek myself af; hoekom is dit so verskriklik maklik om mense met ons woorde bitter seer te maak, maar aan die anderkant is dit eenvoudig so moeilik om jou woorde te gebruik om ander te seën? Efesiërs 4:29 Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net ‘n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor. Hoe waar is hierdie woorde juis vir ons eie kinders. Ek sien hoe pragtig kinders is wat die regte woorde op die regte tyd ontvang het. Pasop om vir ‘n kind te sê hy/sy is dom. Daardie saad wat ons vandag plant, begin later groei en dan op ‘n dag ruk hy ‘n Samurai swaard uit soos onlangs in Krugersdorp gebeur het. Dolksteke, kwetsende woorde kan die oorsprong wees. So wees versigtig. Onthou ook die Bybelse beginsel: Galasiërs 6:7-8 Moenie julleself bedrieg nie. God laat nie toe dat iemand met Hom spot nie. Dit wat jy plant, sal jy ook oes. As jy jou lewe gaan inplant op die terrein van die sonde, sal jy die hel as oes ontvang. Aan die ander kant, as jy jou lewe inplant op die terrein van die heilige Gees, sal jy die ewige lewe as oes ontvang. Onthou woorde is saad wat ons saai en of ons dit wil weet of nie, dit lewer ‘n oes op. Waar dink ons kom goeie en slegte verhoudings vandaan? Daardie SADE, daardie woorde wat ons links en regs uitspoeg. Ek het al geleer om my nie meer aan mense se woorde te steur nie, maar nou gaan mense se woorde van seën ook ongelukkig by my verby. Hoekom wil baie kinders as hulle eers uit die huis is nooit weer terugkom nie. Het dit nie met foutvindery, geneul/gekerm, verkleinering van die kinderjare te doen nie. Baie mooi woorde om vir kinders te gee is om vir hulle te vertel dat jy as ouer in hulle glo. Moet asseblief nooit teregwysing en geloof in jou kinders met mekaar verwar nie. Elke kind het teregwysing nodig wanneer hulle dit verdien, maar netso het hulle ook nodig dat ons in hulle moet glo, in hulle vermoëns glo en dit vir hulle vertel. Hoe dikwels kry ons dit dat mense bang is vir ons, vir die lewe, vir mislukking? Probeer net diesulkes wysmaak dat ons in hulle glo dan sal ons die verskil in “attitude” sien. Spreuke 15:23 ‘n Man het blydskap in die regte antwoord van sy mond, en hoe goed is ‘n woord op sy tyd! Spreuke 16:24 Vriendelike woorde is soos ‘n heuningkoek: soet vir die siel en ‘n genesing vir die gebeente. Spreuke 18:21 Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet. Nou sien ons mos self hoe uiters belangrik dit vir ons is wanneer ons met liefde teenoor ander wil leef. Dus; maak ‘n gewoonte daarvan om lief te wees vir ander. Waarom dink u sê die Woord: Dit is absoluut so waar. Wanneer ons in die gewoonte wil kom om lief te wees vir ander, moet ons ‘n wag voor ons mond sit, ons woorde tel sodat ons met ons woorde liefde aan ander kan betoon. Jou woorde stig mense of dit breek mense. Dit is die kort en die lank van die storie. Romeine 12:21 Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie. 1Pe 4:8 Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal ‘n menigte sondes bedek. Matteus 12:36 Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag. Gerrie van ZylLees die artikel en gee jou mening |
|
Kant Kaart |
|