Header
 

Jy moet fokus my kind

Sommer net ‘n aanhaling: "Ons die teësinniges, wat gelei word deur die onbekendes, doen die onmoontlike, vir die ondankbares, ons het so veel al gedoen, vir so lank al, met so min, ons is nie nou bevoeg om enigiets met niks te doen nie."
(Skrywer onbekend.)

Is ons dalk die ONDANKBARES?

Ja, ons is waaragtig nog kleinvoëljie-christene. Sit met oop bekkies en wag vir die Geestelike voedsel. Die Woord praat so helder en duidelik met ons.
As ons onsself as christene beskou of ons dink ons is gered, waarom dink u sukkel die kerk van Jesus Christus vandag so terwyl die Moslemgeloof uitbrei teen ‘n geweldige tempo?
Daar is net een antwoord: Ons is nie meer gefokus nie.
Ons is babas in die geloof: Dit klink amper of Paulus bitter hartseer is wanneer hy hier met die Korintiërs praat:

1 KORINTIËRS 3:1-3 My vriende, ek kon nie met julle praat soos met mense wat die geestelike dinge van God verstaan en so leef nie. Ek moet sowaar met julle praat soos met mense wat glad nie bekommerd is oor wat God wil hê nie. Julle dink net aan julleself. Julle is net soos mense wat so pas Christene geword het en nog nie mooi weet wat Jesus van julle verwag nie. Geestelik is julle soos pap babatjies. Soos ‘n pap babatjie net melk kan inkry, sien julle net kans vir die heel eenvoudigste geestelike boodskappies. Enigiets meer ingewikkeld is vir julle te veel. En nog steeds gaan dit so met julle, want julle stel net belang in julleself en julle menslike behoeftes. Kyk net na julle. Julle baklei kat en hond en gun mekaar niks nie. Bewys dit nie dat julle net aan julleself dink nie? Tree julle nie op soos mense wat eerder hulle eie belange as God se belange kies nie?
(Die Boodskap)

Kyk maar hoe ‘n stryd dit in ons kerk is om iets van die grond af te kry? ‘n Mens moet soebat, mense blink lek, pastoor vra om in te gryp en mense te dwing of oom Jan vra om mense te motiveer en ja, selfs moet ons mense omkoop om deel te wees.
Ja, en ons stry oor die geringste ou dingetjies. Die kleur van die mat, die musiek is te hard, die verwarmers ens ens. Dan is dit of God self vir ons sê:

Jy moet fokus, My kind!

Hoekom klink die Woord dan so verskriklik besorg oor die uitverkorenes van God as daar in elk geval weinig uitverkorenes oor is?
Mense wil net eenvoudig niks meer uit hulle eie doen nie. Hulle wil gelek wees of hardhandig verplig/gedwing word anders stel ons net belang in onsself en ons selfsugtige menslike behoeftes.

Waarom sal die Woord die volgende kwytraak?

Lukas 18:7-8 Wat sal God dan nie alles doen vir Sy kinders wat Hy persoonlik uitgekies het om in Hom te glo nie? Hy is ‘n liefdevolle Vader. Hy luister na almal wat dag en nag tot Hom bid. Al antwoord Hy nie dadelik nie, moet julle glad nie mismoedig word nie, want Hy sal antwoord. Julle het My woord daarvoor. Hy sal uitkoms gee. Hou maar net aan om te bid.

Ja en vir die eerste keer begin ek verstaan wat Paulus bedoel het toe hy met die Galasiërs so hard gepraat het. Ons glo onwrikbaar dat Jesus aan die kruis gesterf het en jou waaragtigwaar ons begin stelselmatig ook glo in wat die wêreld se wysgere begin sê: Net soos Paulus voel ons ook sterk oor hierdie saak.
Die Woord kon net sowel uit Galasiërs 3 met AGS Hennenman gesels het.

Dit lyk my julle klomp Galasiërs (AGS Hennenman) het intussen die kluts heeltemal kwytgeraak. Ek begin my afvra of iemand julle nie dalk "getoor" het nie.
Vroeër (self hierdie naweek toe Dr Wally Frisbee hier was) is die goeie nuus so duidelik aan julle verkondig dat julle vir Jesus Christus met julle eie oë aan die kruis kon sien hang. Wat het intussen skeefgeloop? Sê my, hoe het julle deel gekry in die krag van die Heilige Gees?

Julle is regtig die kluts kwyt. Julle het vroeër reg begin: in die krag van die Heilige Gees. En nou? Nou eindig julle in julle eie krag. Was alles wat julle moes deurmaak ter wille van julle geloof dan heeltemal verniet? Dit kan mos nie waar wees nie!
Ja, dit kan mos nie waar wees dat ons nou so "don’t care" geword het nie.

Hoor wat sê die Woord in Engels:
Gal 3:1-5 You crazy Galatians! Did someone put a hex on you? Have you taken leave of your senses? Something crazy has happened, for it's obvious that you no longer have the crucified Jesus in clear focus in your lives. His sacrifice on the Cross was certainly set before you clearly enough.
Let me put this question to you: How did your new life begin? Was it by working your heads off to please God? Or was it by responding to God's Message to you?
Are you going to continue this craziness? For only crazy people would think they could complete by their own efforts what was begun by God. If you weren't smart enough or strong enough to begin it, how do you suppose you could perfect it?
Did you go through this whole painful learning process for nothing? It is not yet a total loss, but it certainly will be if you keep this up!
Answer this question: Does the God who lavishly provides you with his own presence, his Holy Spirit, working things in your lives you could never do for yourselves, does he do these things because of your strenuous moral striving or because you trust him to do them in you?

Ja, God vertel self vir ons dat ons moet fokus op die dinge wat saak maak, ons ewige toekoms kan bepaal en om nie te fokus op wat die wêreld bied nie.
Daar is een ding wat my nog al die jare "puzzle." Hoekom raak mense so verknog aan die wêreldse dinge? Voel ons meer veilig/onbekommerd wanneer ons ‘n goeie lewe lei, genoeg geld het, ‘n huis en motorkar het? Weet nie.
Dit slaan my dronk. Dit laat ‘n mens onwillekeurig aan Pamodzi-myn se fiasko dink.
Die een oomblik veilig en die volgende oomblik werkloos en in diep moeilikheid. Ja dan verlang ‘n mense dadelik na die veiligheid in Jesus se hoede.

Dan vra ‘n mens jouself die vraag af: Is ons nie maar altoos besig om op sand te bou nie? Ons sluit die dagstukkie af met die woorde uit Matteus. Luister:

Mat 7:26 En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.

 

Gerrie van Zyl
Lees die artikel en gee jou mening
 

Kant Kaart