Header
 

Wie is ons?

Ek sit en luister so na geestelike musiek en ek wil graag die  volgende liedjie uitlig.
“Who am I?”
Hierdie liedjie het my so aangeraak dat ek net lus gevoel het om ‘n “slide show” daarvan te maak en iets daaroor te skryf.

Die Here het my nie lief vir wat ek gedoen het nie of hoe oulik ek is nie, maar net oor wie en wat Hy is.
Ek dink sommer nou aan seker een van die bekendste dele in die Bybel:

Joh 3:15 - 17  “...sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.” (AOV)

GEBED: “Ai Here, ek is so nietig en niks, maar tog luister U na my as ek roep.
Ja Here al  voel dit nie altyd so nie, maar ek weet dat mens nie op gevoel moet gaan nie, maar net die WETE dat U luister as ek na U roep. Here Ek het U so lief...”

Ek en Jy is so kosbaar vir die Here. Ja al voel dit nie altyd so nie en al voel dit of die Here nie na ons luister nie, maar glo my hy weet van elke haartjie op jou kop.

Jesus het gesê:
Luk 12:7  “Maar selfs die hare van julle hoof is almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.” (AOV)

Die Engelse vertalings sê dit vir my baie beter. Vat bv die King James vertaling

Luk 12:7 “But even the very hairs of your head are all numbered. Fear not therefore: ye are of more value than many sparrows.” (KJV)

WOW!!! So elke haar op my hoof is genommer?
As daar ‘n haar uit my hoof val dan weet die Here dat dit bv. Haar 45689 was wat nou uit my kind se hoof geval het?
JA!!! God is alwetend en hy het ons so lief dat Hy dit sal weet ja, en Jesus het so gesê daarom moet ons dit glo!

My vraag kom terug...”Wie is ons dat Hy vir ons so omgee en lief is”
Die antwoord is: “Omdat Hy ons maker is en dat hy ons gemaak het na sy beeld” (Gen 1:26)

En O, so terloops vir die “rassiste” wat dink dat die satan ander mense groeppe gemaak het, ek het nuus vir julle.

Buiten dat ek die satan GEEN eer sal gee vir wat hy kon maak nie is daar twee tekse wat julle teendeel bewys.
Joh 1:3-4  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. (AOV)

Dit word UITDRUKLIK hier gestel dat NIKS hier ontstaan het sonder GOD nie!

Die ander stuk is:

Joh 10:10  Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. (AOV)

Die vers sê weer dat satan gekom het om te steel en te verwoes, dit is defnitief nie skep nie!

Groetnis en Jesus Christus Liefde

Willie Pietersen
Lees die artikel en gee jou mening

 

 

 

Kant Kaart