Hoe kry ons krag in ons gebede?
Lowell Lundstrom
Die verhaaltjie word vertel van die ou wat altyd dieselfde gebed oor en oor gebid het net voordat hy gaan slaap het. Dit was later vir hom net te “boring.”
Hy tik toe die gebed uit en plak dit bokant sy bed vas. Elke aand wanneer hy dan gaan inkruip, wys hy net so na die gebed teen die muur en sê:
“O, Here, U kan mos net so vinnig lees soos wat ek dit kan sê.”
Baie mense is soos hierdie man. Hulle gee gebed op omdat dit te vervelig raak en omdat hulle gebede tog nie verhoor word nie.
Die Bybel vertel van die keer toe Jesus se dissipels nie ‘n duiwel kon uitdryf uit ‘n seuntjie nie. Hulle het misluk. Hoor die Woord :
Matteus 17 :15-16 Hy sê : “ Here, kry my seun jammer ! Hy kry epileptiese aanvalle en hy ly verskriklik. Baie maal val hy in die vuur of in die water. Ek het hom na U dissipels toe gebring, maar hulle kon hom nie gesond maak nie.”
Stel u voor die opperste frustrasie van die dissipels. Hulle het gebid , die duiwel oor en oor bestraf, maar verniet.
Toe kom Jesus en….:
Mat 17:18 Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af.
Mat 17:19 Toe kom die dissipels na Jesus afsonderlik en sê: Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?
Mat 17:20 En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.
Matteus 17:18 Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af.
Die dissipels kon hulle ore nie glo nie. Toe neem hulle Hom eenkant toe en :….
Matteus 17:19 - 21 Toe kom die dissipels na Jesus afsonderlik en sê: Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?
En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.
Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur gebed en vas
Dit is wys om in moeilike gevalle eers te vas en te bid.
Om te vas beteken om jouself alle plesier en dit wat jou aandag kan aflei te ontsê.
Sulke dinge soos voedsel, om iets te drink of seks, alles om jou op God toe te spits. Daar is ‘n sprekende getuienis hiervan in die Woord, luister:
1Korintiërs 7:5 Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.
Hoor hier. Die oomblik wanneer ons begin bid vir ‘n groot saak of behoefte, tree ons onmiddellik in stryd/konflik met die duistere geestelike magte.
Onthou Paulus het gesê:
Efesiërs 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
OM TE VAS, GEE MEER KRAG AAN ONS GEBEDE!
Dit help ons om geestelik meer paraat en wakker te wees, omdat ons hart, siel en liggaam geheel en al ingestel is op God.
Onthou hoe koninging Ester, wat ‘n Jood was, toe sy hoor dat Haman die Jode wil uitwis, seker gemaak het die Jode se gebed het krag deur vir hulle te laat weet om te vas en te bid.
Moses het vir 40 dae en 40 nagte op die berg Sinaï gevas toe God die tien gebooie aan hom oorhandig het.
Netso het Jesus 40 dae in die woestyn gevas en gebid voordat Hy Sy bediening begin het:
Matteus 4:1-2 Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel.
En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword.
ONTHOU: Maak seker u is onder leiding van die Heilige Gees voordat u in ‘n tydperk van langdurige vas gaan. Dit is ongelukkig so dat sommige vas omdat hulle dink dit is ‘n goeie manier van “diet” of om vir ander te wys hoe christelik ons kamma is.
Hierdie soort vas, laat ons nie geestelik oorwin nie.
Die kern van vas is dat ons gees later so sensitief word vir die leiding van die Heilige Gees dat ons wawyd wakker is vir God se gedagtes.
Dit is dan wanneer ons begeertes na kos en plesier verdwyn en dan kom die wonderwerke van God in ons lewens soos om te bid en iemand word gesond.
Regtig, daar is krag in vas! Deur twee dae ‘n week te vas, is hemels. Daar is ‘n baie goeie rede vir hierdie vorm van selfdissipline.
Om te vas is ‘n bestendige waarskuwing aan ons liggame dat ons gees nou na ons groot Baas gaan. Dat ons geestelike honger heers oor ons vleeslike begeertes.
Nog beter, die herinner ons beslis om te bid. Wanneer ons dan begin honger word, gebruik die hongerpyne as ‘n soort wekker om ons op te wek om meer ernstig te bid.
Dit is so dat om langdurig te vas, ‘n bedreiging kan wees vir ons gesondheid. Dus moet ons eers seker maak by ‘n geneesheer of dit raadsaam is.
Vir die gewone vleeslike mens, die wat skepties is of selfs sogenaamde Christene wat se harte koud is, klink vas natuurlik sinneloos
Dit laat my dink aan wat in die volgende teksvers staan:
Jesaja 64:7 En daar was niemand wat u Naam aangeroep het, wat hom beywer het om U aan te kleef nie; want U het u aangesig vir ons verberg en laat ons wegsmelt deur ons ongeregtighede.
Almal was te lui, te “happy-go-lucky,” te self-tevrede dat hulle maar dinge laat gaan het. VURIGE GEBEDE IS HARDE WERK!
Dit verg bykomende harde inspanning van diegene wat sukses wil smaak.
Dit is so, ons sal nooit ooit hierdie grootse poging maak sonder ‘n sterk begeerte nie. Hoor wat het Jesus self gesê:
Matteus 5:6 Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.
Ons sal geestelike vervulling geniet wanneer ons honger en dors na God, maar ons kan sien dat “honger” en “dors” woorde is wat ‘n diepe begeerte uitdruk.
Het u ‘n diepe begeerte om te sien dat u gebede beantwoord word? Het u ‘n diep gewortelde begeerte om te sien dat u lewe van gedaante verwissel?
ONTHOU : Begeerte skep vasberadenheid en vasberadenheid sal God beweeg tot u voordeel.
In die boek 1 Samuel het Hanna ‘n diepe begeerte gehad.
Luister: 1Samuel 1:10 En bitter bedroef het sy tot die HERE gebid en bitterlik geween;
Is Hanna se diepe begeerte toe verwesenlik? Ja, beslis ja.
Luister:
1Samuel 1:19 Toe het hulle die môre vroeg klaargemaak en voor die aangesig van die HERE aanbid en teruggegaan en by hulle huis in Rama gekom; en Élkana het sy vrou Hanna beken, en die HERE het aan haar gedink.
En by die wisseling van die jaar het Hanna, wat swanger was, ‘n seun gebaar en hom Samuel genoem; want, het sy gesê, ek het hom van die HERE gebid.
Wat van Jabes se begeerte. Die Woord is self-verduidelikend :
Hoor :
1Kronieke 4:9 En Jabes was meer geëerd as sy broers; en sy moeder het hom Jabes genoem en gesê: Ek het met smart gebaar.
En Jabes het die God van Israel aangeroep en gesê: As U my ryklik seën en my grondgebied vermeerder en u hand met my sal wees en U die onheil afweer, sodat my geen smart tref nie! En God het laat kom wat hy begeer het.
‘n Goeie voorbeeld van ‘n begeerte en vasberade gebede, vind ons in die lewe van Jakob. Hy was ‘n dromer, ‘n “cheater” en ‘n “schemer,” wat sy broer oop oë verneuk het en sy pa bedrieg het.
Uiteindelik het sy sondes hom ingehaal en moes hy die Lewende God alleen trotseer, by die spruit Jabbok daardie nag.
JAKOB WAS VASBERADE OM SAAM MET GOD TE STERF OMDAT HY GEWEET HET DAT HY SONDER GOD GAAN STERF.
Teen dagbreek het die engel van die Here wat met hom gestoei het hom op sy sy geslaan sodat sy potjie uitgespring het.
Hoor die Woord: Genesis 32:26-28 Toe sê Hy: Laat My gaan, want die dag het gebreek. Maar hy antwoord: Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat U my seën.
En Hy vra hom: Hoe is jou naam? En hy antwoord: Jakob.
Toe sê Hy: Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het geworstel met God en met die mense en het oorwin.
Wanneer dit kom by die begeerte om iets gedoen te kry, was daar die toespraak van Sir Winston Churchill voor sy alma mater:
“NEVER GIVE UP. NEVER GIVE UP. NEVER, NEVER, NEVER EVER GIVE UP!!!!
Gerrie van Zyl
Lees die artikel en gee jou mening