Header
 

Geagte Gay en Lesbeen

Daar was 'n forum op 'n ander chritelike webtuiste, die onderwerp het gegaan oor homoseksualiteit.
Dit het gegaan oor die ou vraag van: Is dit reg of verkeerd?

Soos altyd het die "Christen" homoseksuliste die Christene aangeval om te sê dat ons heeltyd oor hulle oordeel en dat hulle nie daarvoor kan help nie omrede die Here hulle so gemaak het.

Ek het toe die volgende brief geplaas wat ek op daardie staduim gevoel het om met hulle te deel wat in my hart was.

Ek plaas die brief omrede ek voel dit nog steeds relefant is en dat die brief 'n mooi opsomming is oor hoe mens teenoor hulle moet voel:
(LW: die name is skuil name)

 


HI Andries (en ander gay’s en lesbeens), ons veroordeel jou as gay nie, ons veroordeel die sonde.
God haat sonde, maar nie jou as mens nie, want anders sou Hy ons
almal gehaat het omdat ons almal sonde het. (1 Joh 1:8) en dit geld
ook vir alle tipe sonde, maar ek glo,
solank jy nog leef het jy nog die kans om met die Here reg te maak dit te
laat staan en hom met jou volle lewe te dien.


Ek sou liewer nie waag om te sê dat die Almagtige God jou so gemaak
het nie, want Hy het niemand onrein gemaak nie (1Tess 4:7-8) want dan bely jy, dat Sy skepping nie volmaak is nie en
dat Hy sonde gemaak het, waar Hy Sy Seun dan vir ons aarde toe
gestuur het om gemartel te word, gekruisig en om te sterf vir jou en my sonde.


Ons sê ook nie dit is jy/julle wat sulke goed op die media sit nie,
maar soos die Woord van God deur die Heilige Gees ge-inspereer
is, so is die goed op die media deur Satan ge-inspereer deur mense
wat hom weer dien.


Hendrik het hier 'n paar teks verse gegee waar dit uitdruklik vir
ons sê, dat dit sonde is, as jy die ou testament lees sal jy sien
dat gay’s (en lesbeens ook) dood gemaak moes word
(Lev 20:13 en kyk met wat vergelyk die Woord dit, dit is onder die kategorie waar mense met diere gemeenskap het)
en dit is omdat dit vir God iets afgryslik is, dus vra ek jou weer, sal of sou God jou so wou skape?


Ek sê NEE, Hy is net bloot te Heilig daarvoor!
Ongelukkig moet ek bylas om te sê dat mense wat hulle verlustig in die sonde en NIE Heiligmaking nastreef nie, nie die ewige lewe sal be-erwe nie. (Rom 6:19-23, Heb 12:14-15) Maar ek sê weer, solank as wat jy lewe het jy die kans om met God reg te maak en Heiligmaking na te streef en ek sê weer ek het niks teen gay's nie, maar wel dit wat hulle
doen.
Dit wat hulle doen is sonde en niks anders nie.
Onthou net, Jesus kan mens help (Maar jy gaan moet gehelp wil word)
en daar is al soveel getuienisse daarvan, Hy het mos immers gekom om sonde weg te neem NIE WAAR NIE?!?!
(Joh 1:29)
Strekte!!

 

Willie Pietersen
Lees die artikel en gee jou mening
 

Kant Kaart