| |
Paulus uit die boek van Filippense
- Paulus was ’n nederige man, en het nie heeldag “gedemand” dat hulle hom apostel Paulus moes noem nie, maar hy was trots wat hy was in Jesus Christus. (Fil. 1:1-2)
- Baie mense ken Paulus dalk as ’n kwaai man, wat niemand se nonsens gevat het nie, maar hy was tog ook iemand wat kon komplimente uit deel, wat menslike geloof betref. (Fil. 1:3-6)
- Dit was ’n positiewe man ten spyte van sy omstandighede. Marteling, tronk, in boeie ens. Hy kon maklik negatief raak as hy wou, maar het heeltyd positief gebly in Jesus Christus. (Fil. 1:12-14 : Fil. 2:17-18)
- Dit was ’n dood gewone mens wat ook verlang het na mense, en wat ander mede gelowiges by hom wou hê. [Hy het dit definitief nie geniet in die tronk nie.] (Fil. 1:8)
- Dit was iemand wat graag wou sien hoe mede gelowiges ook in Jesus Christus moes groei. Hy het niemand afgemaak as te jonk, te dom, te arm of iets nie, nee hy wou almal ewe graag sien groei. Hy het vir hulle gebid en bemoedig. (Fil. 1:27-28 : Fil. 4:4)
- Dit was iemand wat niemand bo ’n ander een verhoog het nie, hy het dit ook glad nie beveel dat mense dit onder mekaar moes doen nie. (Fil. 2:3-4)
- Baie mense sê Mandela het al die land regeer toe hy nog in die tronk was, maar Paulus het dieselfde gedoen en nog meer, hy het baie kerke bedryf terwyl hy in die tronk was en dan was hy nog gemartel ook vir dit waarin hy geglo het. Hy moes dus baie sterk leiers eienskappe gehad het. (Fil. 2:12)
- Dit was ’n man wat nie skaam was oor sy lewens pad nie, maar nee hy het mense eerder aangespoor om soos hy te wees. (Fil. 3:17)
Willie Pietersen
Lees die artikel en gee jou mening
|