Loof en Prys die Here, as jy Hom wil Loof en Prys
Ek wil graag bietjie deel wat in my hart is, dit is maar net 'n paar woorde.
Oor loof en prys die Here, as jy Hom wil loof en Prys.
Daar is verkillende maniere om die Here te loof en prys, maar ek wil graag net by
een punt bly, en dit is om te sing en dans vir Hom.
Daar is heelwat mense wat glo jy kan nie die Here loof en prys met ander instrumente
behalwe 'n kerkorrel nie.
Daar is dan weer baie van dieselfde mense wat glo hoe meer dood jy is as jy sing
hoe meer "christelik" is dit.
Verder glo hulle om nie hulle hande in die lug te steek en om hande te klap terwyl hulle 'n lied sing nie, wat dan nog van dans?!?!?!?
Om hande in die lug te steek, hande te klap, te dans en uit jou hart kliphard te sing is meer Bybels as om hoog en droog saam met 'n kerkorrel te sing.
Kom ons kyk wat het Koning Dawid gedoen.
In 2 Sam 6:14-16 sien ons hoe het Dawid die Here geloof en prys.
Hierdie spesifieke stuk sê dat Dawid met ALLE MAG voor die aangesig van die Here gedans het.
Dit was ook nie net hy wat gedans het nie, NEE die HELE huis van Israel het GEJUIG!!!
In 1 Kron 15:28 kan mens baie duidelik agterkom dat dit nie 'n sedige dansie was of 'n koor was wat
'n sedige liedjie gesing het nie, NEE die Here is baie meer werd as net dit!
Daar staan, dat die HELE Israel, het nie net gesing nie,
MAAR GEJUIG met 'n BASUINGEKLANK, met TROMPETTE, SIMBALE, HARPE, en SITERS!!
Iets sê vir my dat dit 'n redelike geraas moes wees!!
Dan 'n ander vraag, dink jy dat Migal (dogter van Saul) haar vir Dawid sou verag het as dit 'n sedige liedjie was
wat hy gesing het?
NEE beslis nie!! Sy het hom in haar hart verag omdat sy gesien het hoe Dawid dans en speel voor die aangesig van die Here!
Verder kan mens sien in die Nuwe Testament hoe mense Jesus geloof en prys het toe Jesus met 'n esel in die stad, Jerusalem kom op 'n rug van 'n esel. (Mat 21:5-10; Joh12:12-14)
Dit was definitief nie geheim gehou en die mense was nie bang iemand hoor hulle hoe hulle Jesus loof en prys nie.
Mense het hulle klere op die pad oop gegooi waar Jesus op die rug van ’n esel gery het.
Mense het takke van bome gevat en palmtakke gevat en dit ook voor Jesus uitgestrooi.
Dan het die mense wat voor Jesus uitgeloop het, en SOWEL as die wat agter Hom geloop het, die volgende woorde uitgebasuin:
"Hosanna vir die Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!
Hosanna in die hoogste hemele!"(Mat 21:9b)
Die mense het so erg aangegaan dat die dissipels nie mooi geweet het wat aangaan nie, toe Jesus in die stad gery kom op die rug van 'n esel, het die mense in die stad vir mekaar gevra wat aangaan, en wie daardie man was.
As dit stil en sedig was het die HELE Jerusalem nie in opskudding geraak nie, soos Mat 21:10 vir ons sê nie.
Ek wil nou afsluit en nog iets byvoeg, dink tog wat julle sing bedoel wat julle sing, moet nie dat dit net een
groot "SHOW" raak nie, nee maar die Here sien elkeen van ons se harte raak wie opreg is, en wie nie...
As dit maar net vir jou 'n "PARTY" of "JOL" is, beteken dit niks, maar jy moet die Here in gees en waarheid aanbid.
Jesus het die volgende gesê: "God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid." (Joh 4:24)
Willie Pietersen
Lees die artikel en gee jou mening