![]() |
|
Bly in die Waarheid2Joh 1:6 En dit is die liefde, dat ons wandel volgens sy gebooie. Dit is die gebod soos julle van die begin af gehoor het dat julle daarin moet wandel. “Selfs al sou ek geweet het dat die wêreld môre sal vergaan, sou ek steeds my appelboom geplant het.” Martin Luther. Huidig is daar vele “stemme” (valse leraars) wat ons probeer wysmaak hoe om te lewe en hoe om hemel toe te gaan. In Bybelse tyd was daar ook die sogenaamde “valse leraars of profete,” wat die kerk ingesluip het met “’n nuwe openbaring.” Johannes herinner ons almal in die Woord dat God nog nooit verander het nie. Fundamenteel sê Johannes: “Jy weet wat, daar is nie rêrig iets nuuts by God nie. Onthou: Jesus het gesê: “Buiten My kan julle niks op aarde doen nie.” Om ander lief te hê en hulle eerste te plaas in ons lewens, hou ons nederig voor God. Dit plaas ons in ‘n posisie om te ontvang Sy genade en Sy waarheid sal ons bemagtig al die dae van ons lewe. Gebed vir vandag: Onse Vader in die hemel, dankie vir U waarheid wat my bevry. Help my asseblief om ander lief te hê soos u hulle liefhet sodat ek ingestel op U waarheid. Ons loof U vir u getrouheid. In Jesus se lieflike Naam. Amen. Gerrie van ZylLees die artikel en gee jou mening |
|
Kant Kaart |
|