Detox jou hart
Spreuke 4:23 – Bo alles, wees versigtig met wat in jou hart aangaan. Wat jy dink bepaal alles wat jy doen.
Jakobus 1:23 - As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs.
Deesdae hoor ons vreeslik baie van “detoxing” (Ontgiftiging) van ons fisieke liggaam. Bakterieë kan ophoop . Plaagdoders en chemikalieë kan in ons gestel inkom.
Deskundiges beveel aan dat ons gereeld deur ‘n deeglike skoonmaak proses moet gaan en wegbly van dit wat skadelik is sodat jou liggaam vanself ontslae kan raak van gifstowwe.
Op dieselfde wyse is daar verskeie gifstowwe wat in ons harte kan opbou.
Wanneer ons rondgaan en stilstaan by verkeerde gedagtes, gedurig dink aan dit wat ons nie kan doen nie, hoe iemand ons seergemaak het of hoe ons nooit voor sal kom in die lewe nie, dan is daardie gedagtes gif en giftige gedagtes wat alleen gelaat word, word naderhand giftige afvalstowwe.
Dit kom in ons harte en besmet uiteindelik ons hele bestaan, ons lewens. Dit tas ons self-beeld, ons gesindheid aan asook ons vlak van selfvertroue.
Dit is juis hoekom die Woord ons vermaan om ons hart en siel bo alles te bewaar, want wanneer ons hart eers besoedel is, word ons hele lewe ook besoedel.
Kom vandag tot ‘n besluit om ‘n slag te VAS van negatiewe, self-vernietigende gedagtes. Kom ons maak ons harte skoon van dit wat skadelik is en maak onsself vol met gedagtes van geloof en oorwinning.
Wanneer ons dit doen, sal daardie goeie gedagtes ons versterk en ons lewens bemagtig tot ‘n goeie lewe wat net God alleen vir ons beplan.
Gebed vir vandag
Onse Vader in die hemel, ek kom vandag na U heeltemal bereid om alles te laat vaar wat my enigsins kan terughou van U groot beloftes. Ek verkies om my gedagtes te bewaar en my hart te vul met U Woord. In Jesus se wonderlike Naam bo alle Name. Amen…
Gerrie van Zyl
Lees die artikel en gee jou mening