Header
 

Hartseer

Ons almal het al in n tyd van hartseer gekom, en heel moontlik al gevra: "Hoekom ek?"
Die vraag kom gewoonlik kort aan die begin van hartseer, daarna verwerk ons almal die hartseer op verskillende maniere.

Maar hoekom moet ’n mens deur hartseer gaan?

Wel ek het al so daaraan gedink:

  1. Die eerste ding;  dit bou aan jou karakter, sodat jy op die einde van die dag ’n sterker mens kan wees.
  2. Die tweede ding;  as iemand vir wie jy omgee deur min of meer dieselfde hartseer gaan, jy hom of haar kan bystaan.

Wat wel voordelig vir ons Christene is, is die feit dat ons na Jesus Christus toe kan gaan en by Hom vertroosting kan vind.

Lees bietjie: Matt. 11:28-30

’n Mens moet net onthou, Jesus het nog nooit gesê dat wanneer ons Hom dien, dit maanskyn en rose sal wees nie.
Inteendeel, Hy het gesê dat mense ons gaan haat.  Die wêreld gaan ons haat.  Daar sal dan tot kinders teen hulle ouers opstaan, ook anders om en mekaar selfs doodmaak.

Lees Matt. 10:16-22

Wat ek wil sê is dat, as die Here jou nie van die sleg sal verskoon nie, algemene hartseer ook nie verskoon sal word nie.  Daar sal nog steeds dood, siekte, hartseer, ens. wees. Ons is immers nog nie in die Hemel nie en ons woon nog op die aarde waar sonde, dood, siekte, ens. is.

Moenie vergeet wat ek vroeër gesê het nie:  Indien jy Jesus Christus het, kan jy na Hom toe gaan vir vertroosting.

Hartseer is nie lekker nie en dit voel baie keer dat niemand jou verstaan nie. Dit is miskien in ’n mate so, want almal van ons hanteer hartseer op verskillende maniere, maar wat ek wel wil sê is dat daar is mense wat omgee en wat jou waarlik wil help.
Gryp dit aan, want die Here gebruik mense om ons daardeur te help.

 

Willie Pietersen
Gee jou mening oor die artikel
 

Kant Kaart