Selfmoord is nie 'n opsie nie!
Baie mense gaan deur moeilike tye.
Hetsy jy nou verhuis, van werk verander, of dalk nie by jou werk gelukkig is nie, familie probleme, gesins probleme, ens.
Daar is so baie dinge wat jou in moeilike tye van jou lewe plaas.
Ek het dalk nou nie jou probleem genoem nie, ek sê
glad nie hierdeur dat jou probleem nie so groot is en dat hy nie eers gelys word nie.
Elke persoon hanteer sy moeilike tye anders.
Ongelukkig is daar die wat tot die uiterste daad oorgaan en dit is om hulle eie lewe te neem.
Dit is die uiterste daad, maar dit is eintlik 'n baie lafhartige en selfsugtigste daad wat mens kan doen.
Daar is drie dinge volgens my wat dit lafhartig en selfsugtig maak.
- Satan is die een wat steel, slag en verwoes. (Joh. 10:10a) m.a.w so 'n persoon luister eerder na die Satan se stem en woord
eerder as na die Here sin. Want, as jy net die (b) gedeelte lees sal jy sien Jesus sê dat hy vir ons die lewe in oorvloed wil gee.
'n Mens moet onthou, Satan HAAT die mens (haat is nog 'n onderskatting) en dat hy alles in sy vermoeë sal doen om van jou onslae te raak.
Tegnies kan mens sê, dat jy ongehoorsaam is aan die woorde van Jesus, maar gehoorsaam is aan die woorde van Satan.
- Lafhartig? Ja, dat jy dink jy van jou probleme kan af wegkom op 'n "maklike" manier. Ek sê nie dit is 'n maklike daad om te
doen nie, maar as so 'n persoon bereid was om sy eie lewe te neem, hoekom was hy nie bereid om hulp te soek by iemand nie.
Daar sal ALTYD iemand wees wat na jou sal luister, as jy nie iemand ken nie, is daar organisasies wat gratis berading doen soos bv.
Radio Kansel se hulplyn, ons het by Radio Sunergos 'n gebeds-vormpie wat mens kan invul en dit is om maar net twee plekke te noem
wat 'n gratis diens lewer.
Partymaal is mense net bloot te trots om hulp te gaan soek.
- 'n Persoon wat sy eie lewe neem dink net aan hom self en hoe om van sy probleme ontslae te raak.
Want hy dink nie aan die wat agter moet bly nie. Parytmaal dink ek so iemand wil hê die mense moet huil en hartseer wees
oor hom wat nou dood is, veral die wat gemaak het dat hy sy eie lewe moet neem, maar wat van die wat nog net goed vir hom was?
Baie keer is die mense wat die oorsaak van sy dood was, bly dat hy nou dood is of sal dalk net sê: "Ag foei tog" of "Ag siestog" en dan
dadelik daarvan vergeet. Die mense wat werklik vir so persoon omgegee het en lief was, tref dit die ergste.
Hulle is die wat met die meeste nonsins agterna opgeskeep moet sit.
Hulle moet gewoonlik die begrafnisreëlings tref, hulle is die mense wat die boedels moet uitsorteer en na die banke toe moet gaan
om aan hulle te verduidelik dat die persoon sy eie lewe geneem het. Hulle is gewoonlik die wat aan die nuuskierige mense moet
verduidelik, hoekom sou so 'n persoon sy eie lewe neem. En hulle is gewoonlik die wat die storie oor en oor moet vertel, dan word hulle
baie keer ook sommer verantwoordelik gehou vir so 'n persoon se dood. (Hoe hartseer nie...)
HULLE, ja HULLE is gewoonlik die mense wat die liefste was vir so 'n persoon.
Mense gaan deur moeilike tye, maar daar is ander oplossings as om jou eie lewe te neem.
As jy dalk in 'n moeilike tyd van jou lewe is, en jy voel jy kan nie meer nie, of jy weet nie meer hoe om jou sitsuasie te hanteer nie,
gaan soek hulp. Gaan vertel dit aan iemand, as jy nie fisies met iemand wil gesêls nie vul 'n vorm iewers in.
Daar is baie plekke op die internet wat jou met die grootste liefde sal wil bystaan.
Veral in Christelike webtuistes, want sulke mense is in diens van Jesus Christus.
Groetnis en Liefde
Willie Pietersen
©
Januarie 2010 - Feb 2012 Radio Sunergos
Gee jou mening oor die artikel