Header
 

JESUS HET ONS ELKEEN LIEF

Dit klink seker weer na ’n afgewaterde storie, hoekom sal iemand nou weer oor so iets wil skryf?
Baie mense sê dat die Here hulle al so veel keer seer gemaak het, dat hulle niks meer met Hom te doen wil hê nie.  Ander sê weer dat die Here so vêr voel en wonder hoe Hy my kan lief hê as Hy so ver voel? Ander voel weer: "Nee wat, dit is 'borring' om ’n Christen te wees"

Hoekom mense baie keer so iets sê, is omdat hulle op een of ander manier deur mense seergemaak is en ongelukkig het die Kerk baie ‘n groot aandeel hierin.
Dit is mense wat direk met die kerk geassosieer word. Soos bv. Die predikant, kerkraad of iemand wat betrokke is by die kerk.

In my eie lewe het ek al gesien hoe Christene agter die skerms stry en baklei, baie keer net om ‘n simpel dingetjie te reël wat die kerk moet aanbied.
Dit is ongelukkig waar daar baie keer iemand seer kry en nie noodwendig almal sal vertel daarvan nie.

Ander kere het iemand dalk hulp nodig gehad of simpatie of net iemand met ‘n oor wat sal luister.  Maar dat sy/haar seer nie belangrik genoeg geag is nie en baie keer net maak of sy/haar probleem sommer niks is nie.

Ongelukkig in baie kerke/gemeentes word die belangrikheid van n lidmaat aan die dikte van sy beursie bepaal, sy inkomste deur die maand en/of sy geleerdheid.  (nie eers altyd sy betrokkenheid by die kerk nie)

Hoe skynheilig kan ons Christene darem nie wees nie? Dit is g’n wonder die wêreld dink dit is hoe Jesus is nie...
Ons moet verby mense kyk, na Jesus Christus toe.  Kyk wat Hy vir ons gedoen het, om sy liefde aan ons te bewys. Sy Vader was bereid om sy Seun te stuur om die prys van verlossing te betaal. (Joh. 3:15-17) Jesus was en is BAIE anders as wat van sy volgelinge is. Van Sy volgelinge steur hulle nie eens daaraan wat hul Meester te sê het nie - hoe hartseer...

Maar aan die ander kant is daar weer die Christene wat die pad reg wandel, wat Jesus met hulle hele lewe lief het. Daar is hulle wat vir lank in tronke sit, gemartel word, gespot word valshede oor hulle betuig word, ander vervolging moet deur gaan en dan is daar ook die wat baie keer sterf vir hulle geloof.
Ja glo dit maar; dit gebeur vandag nog!
Jesus het tog gesê dat die Ware Gelowiges vervolg sal word. (Matt. 5:10-12;  Luk. 21:12;  Joh. 15:20)

Aan die ware Gelowiges wil ek sê, wees sterk en staan vas. Ons is naby aan die wenpaal. Jesus Christus het ons lief met sy hele hart!!!
En vir die wat in die wêreld is, kom wees deel van Jesus.  Hy het jou innig lief.  Hy het immers vir jou gesterf!  Dit is die sonde wat die mens doen wat ‘n gruwel vir God is.
En vir die wat seer gekry het, Jesus sal jou troos.  Kom soek net jou troos by Hom en nie by mense nie. (Matt. 11:28-30)
Aan die lou Christene, RUK julle reg die tyd is min!  Anders sal Jesus julle uit sy mond spoeg!

Groetnis

Willie Pietersen
© Januarie 2006 - Feb 2012   Radio Sunergos

Gee jou mening oor die artikel

 

Kant Kaart