Header
 

Baie welkom by ons webtuiste.

Ons is 'n Christelike Potgooi "Podcasting" stasie. Ons neem gesprekvoerings, getuienisse en boodskappe op, stoor dit dan in mp3 formaat sodat jy dit kan aflaai en op jou tyd daarna kan luister.

Verder bied ons baie meer as net opnames. Die ander bedieninge wat ons op hierdie webwerf het, is onder andere die leesstof afdeling. Dit is kort inspererende artikels wat mens omtrent 10 minute besig hou om te lees.
Raak ook deel hiervan deur om jou eie stukkies vir ons te epos, of om die aanlyn vormpie in te vul sodat ons dit kan plaas.

mixer

Verder is daar dan die SMS-Gebedspan.
Ons stel intekenare in kennis via sms en
epos van 'n gebeds versoek en gee ook
weer terug voer van 'n gebeds versoek.
Vul die vormpie in en word gratis deel
van hierdie gebedsspan.
Luister ook hoe dit werk.

Het jy dalk 'n opinie oor iets, dan deel dit met almal deur om op ons forum te registreer en word dan deel van die Radio Sunergos se forum familie.

Ons vra nie vir geld nie, omrede ons glo dat die Evangelie van Jesus Christus gratis en verniet aan die ganse mensdom verkondig moet word.
Wat ons wel vra, is vir gebed sodat die Here ons sal neem in Sy volmaakte Wil.
Dat Hy in ons fisiese en finansiƫle behoeftes sal voorsien soos dit ook al nodig mag wees.
Dit is sodat ons in staat kan wees om derduisende mense te kan bedien.

Alles tot Eer van Sy Naam!!!

Jesus Christus Liefde
Radio Sunergos

 

Kant Kaart

 
 
 

NUUS BRIEF

Teken in vir ons nuusbrief.
Ons stuur 'n HTML nuusbrief eenmaal 'n maand uit.
Indien jy nie meer die nuusbrief wil ontvang nie, is daar 'n kanselerings opsie by elke nuusbrief wat ons uitstuur.

Om in te skryf stuur net 'n skoon epos na:
nuus-subscribe@radio-sunergos.net

 
 
 

Radio Sunergos het elke week nuwe klank opnames en leesstof.

Skryf in vir ons RSS voerder.